top of page

Renosters: 162 in twee jaar gestroop

  • Aug 4, 2016
  • 1 min read

Die minister van die omgewing en toerisme het gister skokkende stropingsyfers amptelik bekend gemaak.

Tot dusver is 37 renosters vanjaar gestroop en 2015 se stropingsyfer van 90 het tot 125 gestyg.

Dit bring die landwye totaal van gestroopte renosters die afgelope twee jaar op 162 te staan.

Die rede vir die styging is volgens die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, dat die nadoodse ondersoeke van die gestroopte renosters aandui dat 35 karkasse wat vanjaar gevind is, reeds in 2015 gestroop is.

Die minister het gister tydens ’n nuuskonferensie in Windhoek bevestig van die 37 renosters wat vanjaar gestroop is, was 28 in die Etosha Nasionale Park, agt in die Kunenestreek en een op ’n plaas.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page