Wild- en veediefstal ’n erge ‘epidemie’
- Aug 3, 2016
- 1 min read

Otavi-boere wie se plase aan die Queen Sophia-hervestigingsplaas grens, sê vee- en wilddiewe is besig om hulle finansieel te ruïneer en uit hul boerderye te dwing.
'n Bejaarde egpaar van onderskeidelik 70 en 65 jaar oud, wie se familie reeds 70 jaar lank op 'n plaas boer, sê oor die afgelope vyf jaar is sowat 480 beeste van hulle gesteel – en dit sluit gestroopte wild uit. Daaronder tel ook twee duur Simmentaler-teelbulle.
Boonop het die egpaar reeds verskeie doodsdreigemente van stropers ontvang.

























Comments