Pous ondersoek moontlikheid van vroulike diakens
- Aug 3, 2016
- 1 min read

Pous Franciskus het 'n kommissie aangestel om ondersoek in te stel of vroue as diakens in die Rooms Katolieke Kerk aangestel behoort te word.
Daar is op die oomblik net manlike ampsdraers. Diakens is predikante wat in die katolieke rangorde net onder priesters is.
Die Pous het sewe mans en ses vroue, almal vooraanstaande teoloë, van verskeie dele van die wêreld aangestel om die historiese rol van vroue in die kerk se vroeë jare te ondersoek.
Die Pous se voorgangers het almal verklaar dat vroue nooit as priesters gelegitimeer kan word nie.

























Comments