17 Russiese roeiers verbied om aan Spele deel te neem
- Aug 3, 2016
- 1 min read

Die internasionale hof vir arbitrasie in sport het die appèl van 17 Russiese roeiers om aan die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro deel te neem, verwerp.
Nog skorsings sal waarskynlik binne die volgende twee dae bekragtig word.
Die beheerliggaam in roei, FISA het verlede week beslis dat ses Russiese roeiers mag deelneem, maar dat die 7 nie mag deelneem nie, omdat hulle nie gereeld vir die gebruik van opkikkers buite Rusland getoets is nie.
FISA het vroeër reeds drie ander roeiers geskors wat skuldig bevind is vir die gebruik van opkikkers.

























Comments