top of page

Gerson Kandjii is skoonveld

  • Aug 2, 2016
  • 1 min read

Die vermeende moordenaar en renosterstroper, dr. Gerson Kandjii, het nie Vrydag sy opwagting in die landdroshof op Okahao gemaak nie.

’n Lasbrief is vir die inhegtenisneming van die voormalige spandokter van die Brave Warriors en sy medebeskuldigde, mnr. Stephanus David, uitgereik. Hulle moet op 12 Augustus weer voorkom en verduidelik waarom hulle versuim het om Vrydag in die hof te verskyn.

Die moontlikheid bestaan dat hulle hul borgtoggeld aan die staat kan verbeur.

Die drie ander beskuldigdes, mnr. Karunga Martin, Hinu Lucky and Daniel Nghidinwa, het voor landdros Peingeondjabi Shipoh verskyn en sy het die verhoor tot 23 September uitgestel.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page