Duisende mense op lughawe gestrand naTifoon Nida Hong Kong tref
- Aug 2, 2016
- 1 min read

Honderde vlugte van en na Hong Kong is ontwrig en duisende mense is op die stad se lughawe gestrand nadat Tifoon Nida die stad getref het.
Die grootste deel van die stad se finansiële sakekern het vroeër tot stilstand gekom en handel op die aandelebeurs is voorlopig vir die res van die dag opgeskort.
Strate in die stad is verlate nadat talle winkels in die storm platgevee is. Vloedwaarskuwings is ook in laagliggende gebiede uitgereik.

























Comments