München herdenk slagoffers van winkelsentrum-aanval
- Aug 1, 2016
- 1 min read

Die Duitse kanselier, Angela Merkel het `n kerkdiens in München bygewoon om eer te betoon aan die nege mense wat tien dae gelede in die stad doodgeskiet is.
`n Agtien-jarige Duitse-Iranse man, wat blykbaar behep was met massamoorde, het hulle geskiet en daarna sy eie lewe geneem.
Die Aartsbiskop van München, Kardinaal Reinhard Marx sê die voorval sal die stad se verskeie gemeenskappe nié verdeel nie.
Hy sê almal verduur dieselfde emosionele pyn en dat dít mense sal verenig.

























Comments