top of page

Erdogan beoog beheer oor spioenasie-agentskap en weermag

  • Aug 1, 2016
  • 1 min read

Die Turkse president, Tayyip Erdogan beoog om dié land se spioenasie-agentskap en die hoof van die weermag onder sy direkte beheer te plaas.

Dié aankondiging tydens 'n televisieonderhoud is deel van 'n reeks hervormings in reaksie op die mislukte staatsgreep twee weke gelede.

Erdogan sê sy regering sal die nodige grondwetlike veranderings in die parlement voorlê. Hy sal twee-derdes van die parlementslede se steun nodig hê om die wysigings aan die grondwet aan te bring, wat beteken hy sal ook steun uit opposisiegeledere moet kry.

Nagenoeg duisend-400 lede van die weermag is intussen afgedank.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page