top of page

Amerikaner geskik vir verhoor

  • Aug 1, 2016
  • 1 min read

Die moordverhoor van twee Amerikaners het ’n vreemde wending geneem toe ’n bedrieër homself Donderdag in die hof as die Suid-Afrikaanse psigiater prof. Tuviah Zabow voorgedoen het.

Mnre. Marcus Kevin Thomas en mnr. Kevin Donnell Townsend staan tereg op klagte van moord, roof met verswarende omstandighede, die invoer van vuurwapen­lope na Namibië sonder ’n permit, die besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder ’n permit en dwarsboming van die gereg.

Hulle het onskuldig gepleit op al die klagte wat met die moord op die 25-jarige mnr. André Peter Heckmair op 7 Januarie 2011 verband hou.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page