top of page

Zimbabwiërs in SA ruk op na ambassade

  • Jul 15, 2016
  • 1 min read

Honderde Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon, het gister na die Zimbabwiese ambassade in Pretoria opgeruk om hulle kommer oor die huidige ekonomiese en politieke situasie in hul land te kenne te gee, asookdie inhegtenisneming van pastoor Evan Mwarire te toon.

Mwarire is in hegtenis geneem nadat hy 'n landwye staking verlede week gereël het, maar is sedertdien vrygelaat.

Die groep wat bestaan uit verskillende burgerregte-organisasies het 'n memorandum met griewe aan die adjunk-ambassadeur oorhandig. Hulle wil ook hê dat die verbod op ingevoerde goedere uit Suid-Afrika opgehef word.

Van die optoggangers het gesê hulle is moedeloos met die situasie in Zimbabwe en wil die ekonomie in die land regruk.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page