top of page

Nice-aanval: Hollande bestempel aanval as terreurdaad

  • Jul 15, 2016
  • 1 min read

Die President van Frankryk, Francois Hollande, het die aanval in Nice in Frankryk as 'n terreurdaad bestempel.

Volgens berigte staan die dodetal nou op 80, waarvan baie kinders is. Tientalle mense is beseer toe 'n vragmotor tussen 'n skare mense ingejaag het waar hulle na 'n Bastille-dag vuurwerke-vertoning gekyk het op die bekende strandfront - die Promenade des Anglais van kilometers lank.

Die vragmotorbestuurder het ook op die skare losgebrand waarna hy deur die polisie doodgeskiet is.

Ammunisie en handgranate is ook die vragmotor gevind. Hollande sê dit was 'n afgryslike daad en onbeskryflik wreed.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page