top of page

SA Airlink van aanspreeklikheid onthef na vals kaping

  • Jul 13, 2016
  • 1 min read

'n Voorlopige ondersoek van die lugredery, SA Airlink, het die redery van alle aanspreeklikheid onthef na 'n vals kapingswaarskuwing op 'n vlug van Kaapstad na die Wonderboom lughawe in Pretoria.

Die uitvoerende hoof van Airlink, Rodger Foster, sê geen tegniese probleme kon in die vliegtuig opgespoor word nie. Foster sê die vlieëniers het nie die sender se identifikasiekode verander om 'n kaping aan te dui nie.

Hy sê die Lugverkeers-navigasiedienste is gevra om hulle stelsels na te gaan.

Die vals kapingswaarskuwing het tot paniek gelei, terwyl polisie-eenhede hulle na die vliegtuig gehaas het.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page