Obama lewer pleidooi oor rasseverskille
- Jul 13, 2016
- 1 min read

Die Amerikaanse president, Barack Obama, het 'n pleidooi by sy landgenote gelewer om rasseverskille te oorkom.
Hy het gepraat by 'n gedenkdiens in Dallas vir die vyf polisiebeamptes wat tydens 'n betoging doodgeskiet is.
Obama sê die land se grootste tekortkominge is die afgelope tyd blootgelê.
Hy het egter benadruk dat Amerikaners nie hoop moet opgee nie en verdraagsaam teenoor mekaar moet wees te midde van betogings.

























Comments