top of page

Clinton nou verseker van Demokratiese Party nominasie

  • Jul 13, 2016
  • 1 min read

Hillary Clinton is nou verseker van die Demokratiese Party se nominasie vir die Amerikaanse presidentsverkiesing nadat haar teenstander, Bernie Sanders amptelik sy steun aan haar toegesê het. Sanders het die aankondiging gedoen by 'n gesamentlike partysaamtrek in New Hampshire.

Sanders sê die veldtog gaan nie oor hom, Clinton óf die Republikeinse teenstander Donald Trump nie, maar oor die ernstige krisisse soos algemene gesondheidsorg en ongelykhede in die land.

Sanders sê hy is oortuig daarvan dat Clinton verreweg die beste kandidaat vir die presidentsverkiesing in November is.

Die Demokratiese Party se amptelike benoemingskonferensie vind later vandeesmaand plaas.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page