Appèl slaag, moordbeskuldigde vry
- Jul 13, 2016
- 1 min read

’n Man van Outjo wat 15 jaar in die tronk sou sit nadat die streekhof hom aan moord skuldig bevind het, is nou vrygespreek. Sy appèl in die hoërhof het geslaag en die hof het aanvaar dat hy uit selfverdediging opgetree het. Regters Christie Liebenberg en Nate Ndauendapo het op Vrydag 8 Julie bevind dat mnr. Tangeni Toivo se verweer van selfverdediging nie deur die Otjiwarongo-streekhof in November 2014 verwerp moes gewees het nie. Toivo het nie ’n pleitverduideliking gegee toe hy skuld ontken het nie, maar die hoërhof het bevind dit kan nie teen hom gehou word nie omdat dit sy grondwetlike reg is om te swyg.

























Comments