Volksmoord: DTA bekommerd oor onderhandelinge
- Jul 12, 2016
- 1 min read

Duitsland moenie voorwaardes stel vir die onderhandelinge met die nasate van volksmoordslagoffers nie. So sê die president van die DTA, mnr. McHenry Venaani, na aanleiding van die jongste ronde samesprekings tussen Duitsland en Namibië se spesiale gesante. Hy sê die geraakte gemeenskappe vra sedert Namibië se onafhanklikwording vir hierdie dialoog oor vergoeding en meer as twee dekades later is geen reaksie nog van die Duitse regering ontvang nie. Hy is ook bekommerd omdat vergoeding in die vorm van ontwikkelingsprojekte nie spesifiek die geraakte gemeenskappe sal teiken nie, maar dieselfde as gewone ontwikkelingshulp is.

























Comments