Moontlike verbintenis tussen vermeende IS-ondersteuners en moontlike terreuraanvalle
- Jul 12, 2016
- 1 min read

'n Moontlike verbintenis is gemaak tussen die inhegtenisneming van vier vermeende ondersteuners van die Islamitiese Staat en die waarskuwing van die Amerikaanse ambassade in Pretoria oor moontlike terreuraanvalle.
Die woordvoerder van die Valke, Hangwani Mulaudzi, sê die tweelingbroers, Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie word daarvan verdink dat hulle aanvalle op die Amerikaanse ambassade en geboue van Joodse eienaars beplan het. Die tweeling en die egpaar, Fatima en Ibrahim Patel het reeds in die hof verskyn op aanklagte wat wissel van sameswering tot vuurwapen-oortredings.
Amerika en Brittanje het in Junie gewaarsku dat terreuraanvalle by winkelsentrums in Johannesburg en Kaapstad kan voorkom.
Die verdagtes is die naweek in hegtenis geneem.

























Comments