Cameron hou laaste kabinetsvergadering
- Jul 12, 2016
- 1 min read

Nuus van uit die buiteland is dat die Britse eerste minister, David Cameron vandag sy laaste kabinetsvergadering hou voordat hy die leisels aan Theresa May oorhandig.
May, wat die huidige Britse minister van buitelandse sake is, is verkies tot leier van die Konserwatiewe party, nadat haar enigste teenstaander, Andrea Leadsom, aan die wedloop onttrek het.
Cameron sal môre sy bedanking indien, wat beteken dat May haar ministers binne 48-uur moet aanstel.

























Comments