Amerika bewillig ses miljard rand om SA VIGS-pandemie te beeïndig
- Jul 12, 2016
- 1 min read

Amerika het ses miljard rand bewillig om die VIGS-pandemie in Suid-Afrika te beeïndig.
Die minister van gesondheid, Aaton Motsoaledi sê sowat sewe miljoen mense in Suid-Afrika leef met M.I.V en dat die geld gebruik sal word om teen-Vigs-programme uit te brei. Motsoaledi sê 180-duisend Suid-Afrikaners is verlede jaar in die land aan VIGS-verwante siektes dood.
Die skenking word deur die Amerikaanse president se noodplan vir VIGS-verligting gedoen.
Die 21ste Internasionale Vigskonfrensie begin intussen aanstaande week in Durban. Na verwagting sal bykans 20-duisend mense van 183 lande die konferensie bywoon.
Lede van die publiek is gevra om môre swart, wit en rooi te dra om in die aanloop tot die konferensie die fokus op Vigs-kwessies te plaas.

























Comments