Petrol- en dieselprys styg weer
- Jul 6, 2016
- 1 min read

Die pryse van beide petrol en diesel het laasnag vir die tweede maand agtereenvolgens gestyg. Petrol se prys het met 30c per liter gestyg, wat beteken 95-oktaan sal voortaan N$10,94 by die pomp op Walvisbaai kos. Diesel se groothandelprys vir beide grade het met 50c per liter gestyg en motoriste op Walvisbaai sal nou onderskeidelik N$10,62 en N$10,67 vir 500 ppm- en 50 ppm-diesel betaal. Die minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, sê in ’n verklaring daar was ’n onderverhaling in die basiese brandstofprys-eenheidskoers gedurende Mei en dat dit ’n styging in die pryse genoodsaak het.

























Comments