top of page

Saoedi-Arabië: 4 Veiligheidsbeamptes dood in selfmoordbomaanvalle in drie stede

  • Jul 5, 2016
  • 1 min read

Wetstoepassers in Saoedi-Arabië is besig met 'n ondersoek nadat vier veiligheidsbeamptes gister dood is in selfmoordbomaanvalle in drie stede.

Vyf mense is ook in die aanvalle beseer. Die laaste onploffing was in die heilige stad, Medina, naby aan die moskee van die profeet.

'n Hoofsaaklik Sjiïtiese moskee in die oostelike stad Qatif is ook geteiken, sowel as die Amerikaanse konsulaat in Jeddah.

Twee veiligheidswagte is in die aanval in Jeddah beseer. Dit is nog nie duidelik wie vir die aanvalle aanspreeklik is nie.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page