SA herbevestig steen vir Venson-Moitoi as voorsitter van die AU
- Jul 5, 2016
- 1 min read

Suid-Afrika het kritiek verwerp teen die land se steun vir 'n veldtog om Botswana se minister van buitelandse sake, Pelonomi Venson-Moitoi as die voorsitter van die Afrika-Unie te verkies.
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maite Nkoana-Mashabane het in Pretoria Suid-Afrika se steun vir Venson-Moitoi herbevestig.
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, of SAOG word gekritiseer omdat hulle nie kandidate van ander Afrika-streke vir die posisie steun nie.
Gapito Mokyo van Ekwatoriaal-Guinee en Specioza Kazibwe van Uganda ding ook mee om Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma te vervang.

























Comments