top of page

Rössing wil appelleer

  • Jul 5, 2016
  • 1 min read

Die uitspraak wat aan die begin van Junie in die hoërhof gelewer is oor die verdeling van die Rössing-pensioenfonds se surplus, sal nou moontlik in die hooggeregshof uitgedaag word. Dit volg nadat die fonds ’n aansoek om verlof tot appèl teen dié uitspraak by die hoërhof ingedien het. Volgens ’n mediaverklaring wat deur die fonds se voorsitter, me. Ruth Chun, uitgereik is, het die fonds se raad van trustees besluit om te appelleer teen die hofbevel wat die surplus verdeling se formule tersyde gestel het. Die kennisgewing van appèl is volgens haar op 29 Junie by die hooggeregshof ingedien. Gevolglik sal die inwerkingtreding van die hofbevel eers uitgestel word tot tyd en wyl die appèl afgehandel is.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page