Nasa se Juno-ruimetetuig suksesvol
- Jul 5, 2016
- 1 min read

Die Amerikaanse ruimte-agentskap Nasa het aangekondig dat die Juno-ruimtetuig suksesvol in sy beplande wentelbaan om die planeet Jupiter aangekom het.
Dit het Juno vyf jaar geneem om tot by Jupiter te reis, en die ruimtetuig gaan vir net meer as 'n jaar en 'n half om die planeet wentel om te bestudeer hoe hy gevorm is.
Wetenskaplikes by Nasa het die nuus gevier dat die ruimtetuig 'n ingewikkelde proses suksesvol uitgevoer het om in Jupiter se wentelbaan te beland.

























Comments