Toeris ernstig beseer na hy op plofbare voorwerp in Central Park trap
- Jul 4, 2016
- 1 min read

`n Negentienjarige toeris is ernstig beseer toe hy in Central Park in New York op 'n voorwerp getrap en dit ontplof het.
Die tiener was saam met twee vriende in die park toe die ontploffing plaasgevind het.
Die polisie sê hulle ondersoek die moontlikheid dat die ploftoestel verband hou met die vuurwerkvertoning om Onafhanklikheidsdag te vier.

























Comments