Selfmoordbomdraer dood en 2 beseer in ontploffing in Saoedi Arabië
- Jul 4, 2016
- 1 min read

'n Selfmoordbomdraer is dood en nog twee mense beseer in 'n ontploffing buite die Amerikaanse konsultaat in Jeddah in Saoedi Arabië.
Die aanval volg te midde van Amerikaanse missies in die buiteland wat begin het met Onafhanklikheidsagvieringe.
Bangladesj se minister van binnelandse sake, Asaduzzaman Khan sê intussen die militante wat die ergste terreuraanval nog in sy land uitgevoer het, is goed opgevoed en kom uit ryk families. Hy ontken die aanspreeklikheid van die Islamitiese Staat-groep vir die aanval op 'n restaurant in die hoofstad, Dhaka.
Twintig mense is Vrydag dood waarvan die meeste buitelanders is. Die ses aanvallers is deur die polisie doodgeskiet. Khan sê die aanvallers was almal Bangladesjiese burgers en hy glo nie hulle het bande met enige ander land gehad nie.

























Comments