Pro-demokrasiebetogers hou optog in Hongkong
- Jul 1, 2016
- 1 min read

Duisende pro-demokrasiebetogers hou vandag 'n optog in die strate van Hongkong op die 19de herdenking van die gebied se teruggawe aan Sjina.
Een van die vyf boekhandelaars wat vir maande vermis was, sal die optog lei. Die boekhandelaars is vermoedelik ontvoer en na Sjina geneem omdat hulle boeke verkoop wat krities is teenoor die Sjinese leiers.
Die optrede teenoor die boekhandelaars het vrese laat opvlam dat Sjina sy invloed in die voormalige Britse gebied verskerp.
Daar is ook kommer oor 'n gebrek aan demokratiese ontwikkeling in Hongkong.

























Comments