Turkye verklaar dag van rou
- Jun 30, 2016
- 1 min read

'n Nasionale dag van rou word vandag in Turkye gehou ná die terreuraanval in Istanboel waarin 41 mense dood en 239 beseer is.
Drie selfmoordbomaanvallers was verantwoordelik vir die aanval op die Ataturk-lughawe. Een-en-veertig van die beseerdes is steeds in 'n ernstige toestand in die hospitaal.
Die Turkse eerste minister, Binali Yildirim, wat vroeër die toneel besoek het, sê alles dui daarop dat die I.S.-terreurgroep vir die aanval verantwoordelik was. Niemand het egter nog aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie.

























Comments