top of page

Trump: Vuur moet met vuur beveg word

  • Jun 30, 2016
  • 1 min read

Die Amerikaanse Republikeine se waarskynlike presidentskandidaat, Donald Trump het sy beroep vir streng maatreëls teen die Islamitiese Staat-groep herhaal en sê die gebruik van water om gevangenes te oorreed om geheime te verklap, moet weer ingestel word.

Dit is 'n ondervragingstegniek wat die ervaring van verdrinking simuleer.

Trump het by `n saamtrek in Ohio gepraat slegs ure ná die terreuraanval in Turkye waarin 41 mense dood en meer as 200 gewond is. Trump sê vuur moet met vuur beveg word.

Die gebruik van water om gevangenes se samewerking te kry, is deur President Barcak Obama as marteling beskryf en Amerika het dit in 2006 verbied.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page