Noodtoestand weens droogte afgekondig
- Jun 30, 2016
- 1 min read

President Hage Geingob het gister ‘n noodtoestand in die land afgekondig. Die langdurige droogte en die nypende tekort aan water het die stap genoodsaak. Die speaker, prof. Peter Katjavivi, het gister met die aanvang van die sitting van die Nasionale Vergadering lede van die Huis oor die stap ingelig en gevra dat ‘n ieder en ’n elk sy of haar deel moet doen om water te bespaar. Terselfdertyd dui die jongste damverslag aan dat die drie damme wat Windhoek van water voorsien, gesamentlik slegs 10,7% water (16,571Mm³) oor het, terwyl Windhoek maandeliks sowat 2,4Mm³ water gebruik. Okahandja asook die groter Sentraal-Namibië is egter ook van dié damstelsel se water afhanklik en kenners is van mening dat die damme enige tyd tussen September en November gaan opdroog, afhangende van hoeveel water bespaar kan word.

























Comments