Kraglyn vanaf Suid-Afrika skop af
- Jun 29, 2016
- 1 min read

Sowat twee maande nadat Namibië in April ’n algehele kragonderbreking beleef het, was die grootste deel van die land gister wéér vir ’n tyd lank sonder elektrisiteit.
Die kragonderbreking gister om 13:27 het plaasgevind toe die vloei van elektrisiteit op die 400 kV Aries/Kokerboom-transmissielyn onderbreek is. Dit is die kraglyn waarmee Namibië elektrisiteit vanaf Eskom in Suid-Afrika invoer. NamPower het later die middag in ’n verklaring gesê toe dié lyn afskop, het dit ’n rimpeleffek gehad wat twee ander transmissielyne asook ook twee kragopwekkers by onderskeidelik die Ruacana- en Van Eck-kragstasie laat afskop het. Die krag was in Windhoek vir sowat ’n halfuur lank af en het groot verkeersopeenhopings tydens die middag-spitsverkeer veroorsaak. Die elektrisiteitstoevoer is eers na die sentrale dele en toe in fases na ander dele van die land herstel.

























Comments