top of page

2 van SA 'geskud' deur gebeure op lughawe

  • Jun 29, 2016
  • 1 min read

Minstens twee Suid-Afrikaners het die aanval op die Ataturk-lughawe in Istanboel aanskou en oorleef. Ses-en-dertig mense is dood en meer as 140 is beseer in die aanval op die Turkse lughawe.

Die 77-jarige Paul Roos en sy vrou Susie het gesien hoe een van die drie aanvallers wild in die vertreksaal geskiet het. Hulle sê hulle het agter `n toonbank weggekruip, maar die man dopgehou. Roos sê daar was twee ontploffings voor die man met die roltrap na die onderste verdieping beweeg het. Nog skote is afgevuur, gevolg deur `n ontploffing waarna dit stil geword het.

Roos en sy vrou was op pad Kaapstad toe na `n vakansie in Turkye.

Owerhede het bevestig dat drie selfmoordbomdraers eers op mense by die lughawe losgebrand het voordat hulle hulself opgeblaas het toe die polisie op hulle geskiet het. Volgens amptenare was meeste van die slagoffers Turke, hoewel buitelanders ook in die aanval dood is.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page