Miljarde dollar verloor na Britse referendum uitslag
- Jun 28, 2016
- 1 min read

Miljarde dollar is intussen op aandelemarkte in Europa en op Wallstraat in die VSA verloor weens onsekerheid na die uitslag van die Britse referendum om uit die Europese Unie pad te gee.
Aandele in banke, lugrederye en eiendom is veral swaar getref. Barclays en RBS is albei 30 persent laer as voor die stemmery.
Die pond het ook weer gedaal teenoor die dollar en is nou sowat 12 persent laer as wat dit was toe beleggers gedink het die stemmery sal Brittanje in die EU hou.

























Comments