Kai Rust bly in aanhouding
- Jun 28, 2016
- 1 min read

Die familie van mnr. Kai Rust was gister geskok ná die uitspraak teen sy borgtogaansoek dat hy in aanhouding moet bly. Rust, ’n jong boer wat daarvan aangekla is dat hy ’n verdagte stroper op die familieplaas naby Okahandja doodgeskiet het, se borgtogaansoek is in Januarie vanjaar deur landdros Masule Kwizi in Okahandja afgewys. Rust het toe ’n aansoek teen die beslissing by die hoërhof ingedien, maar regter Dinnah Usiku het gister die appèl van die hand gewys. Sy het in haar uitspraak aangedui dat die landdroshof ’n plig gehad het om sy diskresie uit te oefen om borgtog toe te staan of te weier en dat sy tevrede is dat die uitspraak korrek was. Die hoërhof kan slegs ’n uitspraak ter syde stel indien dit duidelik foutief was.
Usiku het verder aangedui dat die onus op die aansoeker rus om op ’n oorwig van waarskynlikheid te wys waarom hy op borgtog vrygelaat behoort te word.

























Comments