top of page

Johnson en May mik na No 10

  • Jun 27, 2016
  • 1 min read

Moontlike leiers in Brittanje se Konserwatiewe Party, die voormalige burgemeester van Londen, Boris Johnson en die minister van Binnelandse Sake, Theresa May is blykbaar besig om hulle verkiesingsveldtogte te beplan. Dit volg te midde van die verwarring wat geskep is toe die Britte in die referendum gestem het om die Europese Unie te verlaat.

Die jongste verwikkelinge word beskryf as `n gevaarlike politieke vakuum. Johnson is die gunsteling om as leier van die Konserwatiewe Party by David Cameron oor te neem. Geen duidelikheid bestaan egter nog oor wie die Britse onderhandelingspan na die EU gaan aanvoer nie.

Die amptelike opposisie, die Arbeidersparty is ook beleërd na `n reeks bedankings uit hul skadukabinet. Die Arbeider-leier Jeremy Corbyn, is onder druk oor die wyse waarop hy die veldtog voor die referendum oor EU-lidmaatskap hanteer het.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page