Tshwane-onrus: Verdagtes in hof
- Jun 24, 2016
- 1 min read

Talle mense wat in hegtenis geneem is in verband met die onrus in die Tshwane Metrogebied, sal vanoggend en Maandag in howe in die metrogebied verskyn.
Die verdagtes is in hegtenis geneem vir openbare geweld in Mamelodi, Soshanguve, Ga-Rankuwa, Atteridgeville, Pretoria-Wes, Hercules en Bronkhorstspruit.
Minstens 150 mense is gister in die Mabopane-gebied in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die hof verskyn.

























Comments