Skuld ly tot tekort aan staatsmedikasie
- Jun 24, 2016
- 1 min read

Tekorte aan sekere soorte medikasie, waaronder medikasie vir die behandeling van epilepsie, is by staatshospitale ondervind. Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, het gister in die Nasionale Vergadering verskeie redes aangevoer vir die tekort. Een van die redes is dat toe hy minister geword het, die ministerie se rekening by verskeie farmaseutiese maatskappye ver agterstallig was. Haufiku sê ondersoek word nou ingestel na die wanbetaling. Hy het die versekering gegee dat die rekeninge vereffen sal word. Nog ’n rede is dat ’n tender vir die verskaffing van medikasie aan sekere maatskappye toegeken is, maar dat die skerp daling in die wisselkoers teenoor buitelandse geldeenhede daartoe bygedra het dat hulle nie al die medikasie waaroor hulle getender het, kon aanskaf nie. ’n Dispuut het tussen die ministerie en die verskaffers ontstaan, gevolglik het van die maatskappye opgehou om medisyne aan die staat te verskaf. Hy het ook die versekering gegee dat maatreëls nou ingestel is vir die korrekte prosedure om medikasie in die toekoms aan te koop.

























Comments