Brittanje stem om EU te verlaat
- Jun 24, 2016
- 1 min read

Meer as 17-miljoen van Britte het nou ten gunste van die beëindiging van lidmaatskap van die Europese Unie gestem in gister se referendum.
Sowat 15-miljoen-908-duisend wou lid van die EU bly. Die Britse pond ry intussen wipplank teen die Amerikaanse dollar en het tot sy laagste vlak sedert 1985 teruggesak.
Londen en Skotland was sterk ten gunste daarvan om in die EU te bly, maar dit is ondermyn deur swak uitslae in die noorde van Engeland. Brittanje was 43-jaar lank lid van die EU.

























Comments