98 Mense dood na tornado oostelike Sjina tref
- Jun 24, 2016
- 1 min read

Minstens 98 mense is dood en meer as 800 beseer in 'n tornado en swaar haelstorm in die oostelike Sjinese provinsie Jiangsu.
In die stad Yangcheng het geboue ineengestort en kragdrade het omgewaai. Die storm het die buitewyke van die stad gistermiddag getref.
Die Sjinese president, Xi Jinping het sy kabinet beveel om 'n span te stuur om toesig te hou oor reddingspogings in die gebied. Meer as duisend polisiebeamptes is ontplooi om met die reddingspogings te help.
In die suide van Sjina is 22 mense vroeër die week weens swaar reën en oorstromings dood en byna 200-duisend mense is ontwortel.

























Comments