Poetin beskuldig die Weste
- Jun 23, 2016
- 1 min read

Die Russiese president, Wladimir Poetin het die Weste daarvan beskuldig dat hulle nie by Rusland aansluit om internasionale terreur te bestry nie.
Poetin het in 'n toespraak in die Russiese parlement gesê die Weste begaan dieselfde fout as voor die Tweede Wêreldoorlog toe Rusland voorgestel het dat gesamentlike operasies teen Duitsland uitgevoer word.
Hy sê sommige Westerse lande was egter teen sulke optrede gekant en het eerder verkies om Rusland te isoleer.

























Comments