top of page

Nóg 'n verdagte in Möllermoord vas

  • Jun 23, 2016
  • 1 min read

Die polisie in Windhoek het gister nóg 'n man in hegtenis geneem in verband met die moord op mnr. Hans-Jörg Möller van Walvisbaai. Die hoof van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Ottilie Kashuupulwa, het die inhegtenisneming bevestig. Sy het egter gesê die polisie kan in hierdie stadium nie verdere inligting openbaar maak nie vanweë die sensitiwiteit van die ondersoek. Die woordvoerder van die polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het aan Republikein gesê die beskuldigde sal vanoggend of môre-oggend in die hof op Walvisbaai verskyn. Volgens hom is nóg 'n man deur die loop van die week in verband met die saak in hegtenis geneem. Hy is vrygelaat nadat hy deur die polisie ondervra is.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page