Nigerië: Twee ontvoerde buitelanders ontsnap
- Jun 23, 2016
- 1 min read

Twee buitelanders wat in Nigerië ontvoer is, het daarin geslaag om te ontsnap.
'n Voormalige Suid-Afrikaner wat nou in Nieu-Seeland woon, twee Australiërs en twee Nigeriërs is ontvoer nadat die bestuurder van hulle voertuig naby die hoofstad van die Cross River-staat, Calabar, doodgeskiet is.
Dit is nog nie bekend of die oud-Suid-Afrikaner een van die mans is wat ontsnap het nie.
Die mans werk vir die Australiese myn- en ingenieursmaatskappy, Macmahon. Die vyf mans is volgens ooggetuies op 'n boot gelaai.

























Comments