Dis D-dag: Britte sal Vrydag weet wat die nasie sê
- Jun 23, 2016
- 1 min read

Politieke groepe in Brittanje het hulle veldtogte vir en teen die land se voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie afgesluit vóór vandag se referendum oor die omstrede kwessie.
Die Britse premier, David Cameron het verskeie stedelike gebiede besoek, en weer gewaarsku teen die nadelige gevolge indien Brittanje die EU sou verlaat.
Meningspeilings toon dat die groepering ten gunste van EU- lidmaatskap 'n kortkop voor is, maar dat daar is steeds 'n hoë persentasie kiesers is wat onseker is.
Suid-Afrikaanse ekonome is van mening dat dit tot die land se voordeel sal wees as Brittanje 'n lid van die EU bly.

























Comments