VSA: Drie gewapende mense by verkeerstonnel aangekeer
- Jun 22, 2016
- 1 min read

Die polisie in die VSA vermoed in die stadium nog geen verband met terreur nadat hulle drie mense met verskeie vuurwapens en koeëlvaste onderbaadjies by 'n groot verkeerstonnel in New York aangekeer het nie.
Die polisie het die wapens ontdek toe hulle die voertuig gestop het weens 'n gekraakte windskerm, voordat dit die Hollandtonnel kon binnegaan.
Die polisie het aangedui dat die drie verdagtes wapen-entoesiaste is en geen bande het met terreurgroepe nie, maar die ondersoek gaan voort.
Die vonds volg net meer as 'n week na die terreuraanval op 'n nagklub in Orlando, Florida waarin 49 mense dood is.

























Comments