Tshwane metroraad maan inwoners na geweld
- Jun 22, 2016
- 1 min read

Die Tshwane metroraad het inwoners gemaan om waaksaam te wees nadat geweld volgens berigte laasnag voortgeduur het. In die middestad is die situasie blykbaar kalm, maar die polisie monitor die gebied.
Vroeër is 21 busse uitgebrand, verskeie geboue is beskadig en winkels is geplunder. Volgens die metroraad is van sy personeellede geïntimideer en munisipale eiendom is beskadig.
Verskeie paaie om Pretoria was gister gesluit en talle pendelaars is gestrand gelaat omdat busse en taxi's hulle dienste afgeskaal het uit vrees vir geweld.
Die geweld het uitgebreek weens ontevredenheid oor die ANC se burgemeesterskandidaat, Thoko Didiza.

























Comments