top of page

Man sterf ná staptog in Visrivier

  • Jun 21, 2016
  • 1 min read

’n Bekende in kampeerkinge in Suid-Afrika is Vrydag ná ’n staptog in die Visrivier-canyon vermoedelik aan ’n hartaanval oorlede. Mnr. Gerhardus (Gerhard) Zimmermann (54), eienaar van die Harde­kraaltjie Karavaanpark in Bellville, Kaapstad, het nadat hy en ’n vriend die staptog van 96 km voltooi het, pas ná sy aankoms by die /Ai-/Ais-oord van Namibia Wildlife Resorts (NWR) na sy borskas gegryp en ineengestort. Mnr. Francois Snyders van NWR wat ten tyde van die voorval by /Ai-/Ais was, het gister aan Republikein gesê Zimmerman se familie was ook teenwoordig. Zimmermann het die staptog in die Visrivier-canyon onderneem en twee van sy familie­lede het aan die Visrivier-canyon-ultramarathon deelgeneem. Zimmermann se familie het gister uit Bellville per e-pos laat weet dat twee familielede die marathon “ter herinnering aan hom voltooi het”


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page