top of page

Orlando-slagting: LGBT hou nagwaak in Centurion

  • Jun 17, 2016
  • 1 min read

Die Lesbiese, Gay, Bi-seksuele en Transgender-gemeenskap van Gauteng het 'n nagwaak in Centurion buite Pretoria vir die slagoffers van die Orlando-slagting in Amerika gehou.

Die LGBT sê hulle neem standpunt in teen haatmisdade. Nege-en-veertig mense is in die voorval by die Pulse gay-nagklub doodgeskiet.

Die moordenaar, die 29-jarige Omar Mateen het alleen opgetree en is deur die polisie doodgeskiet.

Die betrokkenheid van die Islamitiese Staat-groep by die aanval, word ondersoek.

'n Verteenwoordiger van die Amerikaanse ambassade, Elizabeth McKay sê hulle is dankbaar vir die ondersteuning.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page