Opmars teen nuwe parlement
- Jun 17, 2016
- 1 min read

Meer as 1 500 mense, insluitend skoolkinders en 'n handjievol bejaardes, het gistermiddag by die Ausspannplatz-sirkel in die hoofstad bymekaar gekom om die Regstellende Herposisionerings-beweging (AR) te ondersteun met die oorhandiging van 'n klagskrif teen die bou van 'n nuwe parlementsgebou teen sowat N$2,2 miljard. Job Amupanda en sy AR-beweging het veral jong ondersteuners van die Katutura-jeugkompleks gisteroggend na die middestad gelei. Meer as 500 mense het ná 10:00 van daar begin stap, begelei deur ’n groot aantal polisielede. Teen die AR se spertyd, omstreeks 13:30, was die speaker, prof. Peter Katjavivi, nog nie teenwoordig nie. Sowat 10 minute later het hy aangekom om die klagskrif van die jong betogers te aanvaar ná hy blykbaar eers 'n klerk gestuur het om dit namens hom te ontvang. Die klagskrif van tien bladsye vereis dat Katjavivi binne 'n maand skriftelik daarop sal antwoord. Sy antwoord sal die pad vorentoe bepaal.

























Comments