Jo Cox deur David Cameron geloof
- Jun 17, 2016
- 1 min read

Die Britse premier, David Cameron het die ontslape lid van die Britse Arbeidersparty, Jo Cox geloof en haar dood as 'n tragedie beskryf.
Die 41-jarige ma van twee is dood nadat sy geskiet en met 'n skerp voorwerp gesteek is. Sy was gister besig in haar kiesafdeling buite Leeds toe die aanval plaasgevind het.
Die polisie sê die 52-jarige aanvaller, Tommy Nair het alleen opgetree en dat die moord nie polities gemotiveerd was nie. Hy is kort na die aanval in hegtenis geneem.
Cameron sê Cox was veral bekend vir haar bydrae tot hoe die land na Siriese vlugtelinge moet omsien.

























Comments