Hof besluit vandag oor lot van 94-jarige voormalige Nazi-wag
- Jun 17, 2016
- 1 min read

'n Duitse hof sal vandag besluit of die 94-jarige voormalige Nazi-wag, Reinhold Hanning wat by die Auschwitz-kamp gewerk het medepligtig is aan die moord op 170-duisend mense.
Die verhoor word as een van die laaste Nazi-verhore beskou en die staat het gevra dat Hanning tot ses jaar tronkstraf gevonnis word.
Die verdediging het gevra dat hy vrygespreek word, omdat hy nooit self enigiemand vermoor, aangerand of mishandel het tydens sy tyd by die kamp nie.

























Comments